Familie Briers - uit: Website South Africa's Stamouers (2017)

Description

geraadpleegd op 15.02.2017

BRIERS Petrus Franciscus Melchior

Petrus Franciscus Melchior Briers was die derde seun van Petrus Franciscus Briers en Barbara van Gindertaelen. Hy is in 1732 in Hasselt in die prinsbisdom van Luik en die graafskap Loon gebore en op 03 Desember 1732 daar gedoop. Hy arriveer op 11 April 1773 met die skip, die Azië, aan die Kaap. Hy was "n chirurgyn (opperchirurgyn) van beroep, in diens van die VOC.

Pieter Briers (dit blyk sy noemnaam te gewees het volgens "n oorspronklike dokument) is op 19 Februarie 1775 op Stellenbosch met Clara Susanna Groenewald getroud. Sy is op 1 Desember 1743 gedoop en was die dogter van Christoffel Jacobus Groenewald en Anna Hasselaar. Pieter het waarskynlik kort na sy huwelik, begin boer, alhoewel hy amptelik Vryburgerstatus net op 3 Oktober 1789 ontvang het. Moontlik het hy sy beroep nog privaat beoefen, alhoewel 1782 se opgaafrolle hom as boer in die Stellenbosch-distrik aandui.

Volgens sy opgaaf het hy ook drie slawe en twee slavinne besit, en het hy 30 000 wingerdstokke gehad. Daardie jaar het hy 6 lêers wyn geproduseer. In 1794 besit hy 40 000 wingerdstokke en produseer hy 25 lêers wyn.

Op 25 Januarie 1814 het Pieter Briers en sy vrou Clara, "n gesamentlike testament voor die "Sekretaris van"t Drostamp, fungeerde als Notaris publicq" op Stellenbosch laat opstel. Die dokument is deur beide hom en sy vrou onderteken. Pieter is drie dae later op 28 Januarie 1814 op Stellenbosch oorlede. Pieter se vrou, Clara, is op 26 Augustus 1817 in die ouderdom van 73 jaar oorlede - haar boedel inventaris is gedateer 3 September 1817.

KINDERS:

b1 CHRISTOFFEL JACOBUS Hy is op 26 Desember 1775 op Stellebosch gedoop. Op 1 September 1799 is hy getroud met Helena Josina WOEKE.

b2 ANNA MARIA Sy is op 28 Desember 1777 op Stellenbosch gedoop en op 13 November 1796 met Petrus Johannes WESSELS op Stellenbosch getroud. Hulle het in die Joostenbergvlakte gewoon en sy is op 13 Desember 1811 oorlede.

b3 BARBARA CHRISTINA Sy is op 2 Mei 1779 gedoop en was met Isak Johannes DE MILANDER getroud.

Bydrae deur Gert Briers
Gert.Briers@debeersgroup.com

Navorsing deur Marthinus Brand

Recent toegevoegd

Auteur: Tom Kenis Geparafraseerde Radio 2-getuigenis van militair William De Wilde en zijn echtgenote...
Auteur: Tom Kenis De familie Trippas verbleef in Belgisch Congo van 1954 tot en met de onafhankelijkheid...
Auteur: Tom Kenis Antoinette Fransen, de moeder van Moelly Henno, werd tijdens Wereldoorlog II...
Zoveel Hasselaren, zoveel linken met Congo. Om de meest uiteenlopende redenen trokken Hasselaren al...
Auteur: Tom Kenis Joseph (°Hasselt 04.07.1926) en Denise (°Hasselt 22.01.1927) leerden elkaar kennen als...
Auteur: Tom Kenis André Billen, geboren in 1927, studeerde economie. Hij slaagde voor het diplomatiek...
Auteur: Tom Kenis De in Hamont geboren Joseph (Jef) Verlaak, thans inwoner van Viversel maar gedurende...
Auteur: Toon Blux Hermanus, Petrus, Joseph Blux is de oudste zoon van Louis Bleux (1) uit Kuringen en...
Auteur: Tom Kenis Edgard Jamart werd geboren in een gehucht tussen Bergen en Luik, maar woont al 40 jaar...
Auteur: Hubert Bovens Marcellin Lagarde werd geboren te Sougné, Sprimont in de provincie Luik op 2...